-
Job 34
- 1 Verder het Elíhu aangehef en gesê:
- 2 Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!
- 3 Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.
- 4 Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.
- 5 Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.
- 6 Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!
- 7 Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water?
- 8 Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?
- 9 Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie.
- 10 Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!
- 11 Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind.
- 12 Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.
- 13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?
- 14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,
- 15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
- 16 As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.
- 17 Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?
- 18 Durf iemand aan 'n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!
- 19 Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.
- 20 In 'n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf — nie deur 'n hand nie.
- 21 Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.
- 22 Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.
- 23 Want Hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.
- 24 Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.
- 25 So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.
- 26 Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,
- 27 omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie —
- 28 om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.
- 29 En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? — of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam;
- 30 sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.
- 31 Want sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;
- 32 wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie —
- 33 moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet — spreek dit uit!
- 34 Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:
- 35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.
- 36 Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.
- 37 Want hy voeg 'n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.