-
Job 3
- 1 Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
- 2 En Job het begin en gesê:
- 3 Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.
- 4 Mag dié dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
- 5 Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
- 6 Daardie nag — mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
- 7 Ja, mag dié nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
- 8 Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Leviátan op te hits.
- 9 Mag die sterre van sy môreskemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.
- 10 Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
- 11 Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
- 12 Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
- 13 Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
- 14 saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
- 15 of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.
- 16 Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
- 17 Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
- 18 Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
- 19 Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
- 20 Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
- 21 wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
- 22 wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
- 23 Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
- 24 Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
- 25 As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
- 26 Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.