-
Spreuke 8
- 1 Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?
- 2 Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,
- 3 aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:
- 4 Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.
- 5 Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.
- 6 Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.
- 7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.
- 8 Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,
- 9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.
- 10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
- 11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
- 12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.
- 13 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.
- 14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.
- 15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;
- 16 deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.
- 17 Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.
- 18 Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.
- 19 My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer.
- 20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,
- 21 om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol.
- 22 Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.
- 23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.
- 24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;
- 25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;
- 26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.
- 27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;
- 28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;
- 29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het —
- 30 toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,
- 31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.
- 32 Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.
- 33 Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.
- 34 Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.
- 35 Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE.
- 36 Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.