-
Spreuke 25
- 1 Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hiskía, die koning van Juda, versamel het.
- 2 Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur.
- 3 Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik.
- 4 Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom;
- 5 verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word.
- 6 Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie.
- 7 Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! — as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het.
- 8 Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek?
- 9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,
- 10 sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie.
- 11 Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek.
- 12 'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.
- 13 Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer.
- 14 'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie.
- 15 Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.
- 16 Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.
- 17 Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
- 18 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.
- 19 'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.
- 20 Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom.
- 21 As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink.
- 22 Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde.
- 23 Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat — kwaai gesigte.
- 24 Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.
- 25 Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land.
- 26 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.
- 27 Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer.
- 28 'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.