-
Psalms 77
- 1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Asaf.
- 2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.
- 3 Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
- 4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.
- 5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.
- 6 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.
- 7 Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:
- 8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?
- 9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?
- 10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.
- 11 Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
- 12 Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd
- 13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.
- 14 o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?
- 15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.
- 16 U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.
- 17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.
- 18 Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.
- 19 U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
- 20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie. U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.
-
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.