-
Nehemia 11
- 1 En die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om in die heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede.
- 2 En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.
- 3 En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.
- 4 En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres;
- 5 en Maäséja, die seun van Barug, die seun van Kolhóse, die seun van Hasája, die seun van Adája, die seun van Jójarib, die seun van Sagaría, die Selaniet.
- 6 Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vier honderd agt en sestig, krygsmanne.
- 7 En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Itiël, die seun van Jesaja;
- 8 en ná hom Gábbai-Sállai, nege honderd agt en twintig.
- 9 En Joël, die seun van Sigri, was opsigter oor hulle; en Juda, die seun van Hassénua, was tweede in rang oor die stad.
- 10 Van die priesters: Jedája, die seun van Jójarib, Jagin,
- 11 Serája, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors van die huis van God.
- 12 En hulle broers wat die werk verrig het in die tempel, was agt honderd twee en twintig; en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pelálja, die seun van Amsi, die seun van Sagaría, die seun van Pasgur, die seun van Malkía,
- 13 en sy broers, familiehoofde, was twee honderd twee en veertig; en Amásai, die seun van Asáreël, die seun van Agsai, die seun van Mesíllemot, die seun van Immer,
- 14 en hulle broers, dapper helde, was honderd agt en twintig, en opsigter oor hulle was Sábdiël, die seun van Haggedólim.
- 15 En van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, die seun van Bunni,
- 16 en Sábbetai en Jósabad, van die hoofde van die Leviete, was oor die buitewerk van die huis van God.
- 17 En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die "Loof Hom" aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun.
- 18 Al die Leviete in die heilige stad was twee honderd vier en tagtig.
- 19 En die poortwagters: Akkub, Talmon, en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was honderd twee en sewentig.
- 20 En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel.
- 21 En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.
- 22 En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;
- 23 want daar was 'n bevel van die koning aangaande hulle: 'n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag.
- 24 En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.
- 25 En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe,
- 26 en in Jésua en in Moláda en in Bet-Pelet
- 27 en in Hasar-Sual en in Berséba en sy onderhorige plekke,
- 28 en in Siklag en in Megóna en sy onderhorige plekke,
- 29 en in en Rimmon en in Sorea en in Jarmut,
- 30 Sanóag, Adúllam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, Aséka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Berséba af tot by die dal Hinnom.
- 31 En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,
- 32 Anatot, Nob, Anánja,
- 33 Hasor, Rama, Gíttaim,
- 34 Hadid, Sebóim, Nebállat,
- 35 Lod en Ono, die Handwerkersdal.
- 36 En van die Leviete het afdelings van Juda by Benjamin behoort.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.