-
1 Korintiërs 14
- 1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.
- 2 Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
- 3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.
- 4 Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.
- 5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.
- 6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur 'n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?
- 7 Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?
- 8 Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?
- 9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal 'n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat.
- 10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.
- 11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.
- 12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.
- 13 Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê.
- 14 Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
- 15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
- 16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van 'n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?
- 17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie.
- 18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal;
- 19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal.
- 20 Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.
- 21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.
- 22 Die tale is dus 'n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges.
- 23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?
- 24 Maar as almal profeteer en daar 'n ongelowige of 'n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel;
- 25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is.
- 26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.
- 27 En as iemand in 'n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê.
- 28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek.
- 29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
- 30 Maar as daar iets geopenbaar is aan 'n ander wat daar sit, laat die eerste swyg.
- 31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word.
- 32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;
- 33 want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
- 34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
- 35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
- 36 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?
- 37 As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.
- 38 Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly.
- 39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.
- 40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.
-
-
World English Bible (web)
- Afrikaans
- Albanian
- Arabic
- Armenian
- Basque
- Breton
- Calo
- Chamorro
- Cherokee
- Chinese
- Coptic
- Croatian
- Czech
- Danish
- Dari
- Dutch
-
English
American King James Version (akjv) American Standard Version (asv) Basic English Bible (basicenglish) Douay Rheims (douayrheims) John Wycliffe Bible (c.1395) (wycliffe) King James Version (kjv) King James Version (1769) with Strongs Numbers and Morphology and CatchWords, including Apocrypha (without glosses) (kjva) Webster's Bible (wb) Weymouth NT (weymouth) William Tyndale Bible (1525/1530) (tyndale) World English Bible (web) Young's Literal Translation (ylt)
- English and Klingon.
- Esperanto
- Estonian
- Finnish
- French
- German
- Gothic
- Greek
- Greek Modern
- Hebrew
- Hungarian
- Italian
- Japanese
- Korean
- Latin
- Latvian
- Lithuanian
- Malagasy
- Malayalam
- Manx Gaelic
- Maori
- Mongolian
- Myanmar Burmse
- Ndebele
- Norwegian bokmal
- Norwegian nynorsk
- Pohnpeian
- Polish
- Portuguese
- Potawatomi
- Romanian
- Russian
- Scottish Gaelic
- Serbian
- Shona
- Slavonic Elizabeth
- Spanish
- Swahili
- Swedish
- Syriac
- Tagalog
- Tausug
- Thai
- Tok Pisin
- Turkish
- Ukrainian
- Uma
- Vietnamese
-
Ou Vertaling (aov - 1.3.3)
2009-03-24Afrikaans (af)
1933/1953 Afrikaans Bybel,
Copyright 1933, 1953, Bybelgenootskap van Suid Afrika
This copyright Bible has kindly been made available by the Bible Society of South Africa, strictly for non-commercial use with The SWORD Project. Please consider making a contribution to them to help fund their continuing efforts in Bible translation, such as their current Southern Ndebele translation project. To contribute towards the distribution of affordable Bibles in South Africa, visit: http://www.biblesociety.co.za/contributions.htm.- Encoding: UTF-8
- Direction: LTR
- LCSH: Bible. Afrikaans.
- Distribution Abbreviation: aov
License
Copyrighted; Permission to distribute granted to CrossWire
Source (OSIS)
http://www.biblesociety.co.za
- history_1.1
- replaced missing verses
- history_1.2
- unlocked
- history_1.3
- corrected a number of encoding errors
- history_1.3.1
- corrected conf file
- history_1.3.2
- conf file correction
- history_1.3.3
- (2022-08-01) conf file correction

Favourite Verse
You should select one of your favourite verses.
This verse in combination with your session key will be used to authenticate you in the future.
This is currently the active session key.
Should you have another session key from a previous session.
You can add it here to load your previous session.